6 Maart is die 65ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (66ste in skrikkeljare). Daar volg nog 300 dae in die res van die jaar.

Gebeure 1446 – Ou-Zürich-oorlog: Veldslag by Bad Ragaz. Die Switserse Bondgenootskap verslaan ´n Oostenrykse aanvalsmag van 5000 soldate. 1447 – Pous Nicolaas V volg Pous Eugenius IV op as pous van die Rooms-Katolieke Kerk. 1521 – Ferdinand Magellaan en sy bemanning word die eerste Europeërs om Guam in die Mariana-eilande te bereik. 1559 – Giambattista Catagna (later Pous Urbanus VII) word goewerneur van Perugia en Umbrië. 1561 – Pous Pius IV laat kardinaal Carlo Carafa en sy broer Giovanni Carafa, hertog van Paliano, teregstel weens hulle betrokkenheid by die moord op die hertog se swanger vrou. 1566 – Pous Pius V stel sy familielid Michele Bonelli aan as kardinaal. 1591 – Pous Gregorius XIV stel nog vier nuwe kardinale aan waaronder Odoardo Farnese, ab van Grottaferrata. 1642 – Pous Urbanus VIII publiseer sy bul "In eminenti" waarin die Jansenisme veroordeel word. 1645 – Pous Innocentius X stel sewe nuwe kardinale aan, waaronder Benedetto Odescalchi (later Pous Innocentius XI). 1665 – Die eerste uitgawe van die Philosophical Transactions of the Royal Society verskyn. 1779 – Pous Pius VI publiseer "Nuper pro" oor erflatings in Portugal. 1869 – Dmitri Mendelejef stel die eerste periodieke tabel van chemiese elemente aan die Russiese chemiese vereniging voor. 1899 – Bayer registreer Aspirien as 'n handelsmerk. 1957 – Ghana word van die Verenigde Koninkryk onafhanklik. 1987 – 193 mense aanboord van die Britse veerboot M/S Herald of Free Enterprise kom om toe dit omslaan terwyl dit die hawe van Zeebrugge, België verlaat onderweg na Dover, Engeland oor die Engelse Kanaal. 2006 – Die Suid-Afrikaanse rolprent Tsotsi ontvang die Oscar vir die beste buitelandse rolprent op die toekenningseremonie in Hollywood. 2009 – Knysna-meer, die Wildernis, Tsitsikamma en ander parke in staatsbesit smelt saam om die nuwe Tuinroete Nasionale Park te vorm. 2025 – As deel van die Intuitive Machines-2 (IM-2) maansending, land die Athena-maanlander op die Maan oppervlak.

Geboortes 1340 – Jan van Gent, die 1ste Hertog van Lancaster, was ’n lid van die Huis van Plantagenêt († 1399) 1475 – Michelangelo, Italiaanse skilder, beeldhouer, argitek, digter en ingenieur († 1564). 1619 – Cyrano de Bergerac, Franse dramaturg en soldaat († 1655) 1779 – Antoine-Henri Jomini, Switserse generaal († 1869). 1904 – Heiwee (skuilnaam van prof H.M. van der Westhuysen), Afrikaanse digter († 1987). 1914 – Kiril Kondrašin, Sowjet- en Russiese dirigent († 1981). 1917 – Frankie Howerd, Engelse komediant, akteur († 1992). 1926 – Andrzej Wajda, Poolse teater- en filmregisseur († 2016). 1926 – Alan Greenspan, Amerikaanse ekonoom († 2026). 1927 – Gabriel García Márquez, Colombiaanse skrywer († 2014). 1930 – Lorin Maazel, Amerikaanse dirigent, violis en komponis († 2014). 1936 – Colin Meads, Nieu-Seelandse rugbyspeler († 2017). 1937 – Valentina Teresjkova, lid van die Russiese Staatsdoema, ingenieur en voormalige ruimtevaarder. 1939 – Lina Spies, Afrikaanse literator en digter. 1944 – Kiri Te Kanawa, Nieu-Seelandse operasangeres. 1947 – Cicely van Straten, Suid-Afrikaanse skrywer. 1947 – Rob Reiner, Amerikaanse akteur en regisseur (s. 2025). 1952 – Chris Burger, heelagter van die WP, wat gesterf het weens 'n nekbesering opgedoen tydens 'n rugbywedstryd († 1980). 1941 – Karyn Kupcinet, Amerikaanse aktrise († 1963). 1968 – Moira Kelly, Amerikaanse aktrise. 1972 – Shaquille O'Neal, Amerikaanse afgetrede basketbalspeler, akteur. 1984 – Leïla Bekhti, Frans-Algeriese rolprent- en televisieaktrise. 1987 – Bobby van Jaarsveld, Afrikaanse sanger en akteur. 1992 – Samuel Bankman-Fried, Amerikaanse belegger.

Sterftes 1836 – James Bowie, Amerikaanse pionier en jagter (* 1796). 1930 – Herbert John Gladstone, Britse politikus en eerste Goewerneur-generaal van Suid-Afrika (1910–1914) (* 1854). 1930 – Alfred von Tirpitz, Duitse admiraal (* 1849). 1967 – Nelson Eddy, Amerikaanse sanger en akteur (* 1901). 1982 – Ayn Rand, Amerikaanse skryfster en filosoof (* 1905). 1994 – Koos Prinsloo, Afrikaanse joernalis en skrywer van postmodernistiese kortverhale (* 1957). 2001 – Dr. Gert van der Linde, predikant van die Gereformeerde Kerk (* 1920). 2005 – Hans Bethe, Duits-Amerikaanse kernfisikus, ontvanger van die Nobelprys vir Fisika († 1906). 2007 – Jean Baudrillard, Franse sosioloog, kultuurkritikus en filosoof (* 1929). 2016 – Nancy Reagan, Amerikaanse aktrise en Eerste Dame van die Verenigde State (* 1921). 2025 – Crystal Donna Roberts, Suid-Afrikaanse aktrise (* 1984).

Vakansies, vierings, en waarnemingsdae Onafhanklikheidsdag in Ghana (1957)

Kategorie:Maart