10 Maart is die 69ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (70ste in skrikkeljare). Daar volg nog 296 dae in die res van die jaar.
Gebeure 241 v.C. – Rome verslaan Kartago in die Slag van die Aegate-eilande wat die Eerste Puniese Oorlog beëindig. 1045 – Pous Benedictus IX volg Pous Silvester III op. 1511 – In sy laaste konsistorie stel Pous Julius II nog nege nuwe kardinale aan. 1791 – Pous Pius VI publiseer Quod aliquantum teen die Franse Nasionale Vergadering en menseregte. 1823 – Pous Pius VII stel 13 nuwe kardinale aan, waaronder Francesco Bertazzoli, titulêr aartsbiskop van Edessa. 1831 – Die Franse Vreemdelegioen word deur koning Louis-Philippe gestig om die oorlog in Algerië te ondersteun. 1870 – Pous Pius IX verklaar Pous Urbanus V salig. 1876 – Alexander Graham Bell voer die eerste suksesvolle telefoonoproep uit. 1880 – NG gemeente Drieankerbaai stig af van NG gemeente Kaapstad. 1951 – Rhodes-universiteit word 'n volwaardige, onafhanklike universiteit. 1952 – Nadat hy volgens wet verbied is om herverkiesing na te streef, voer voormalige President Fulgencio Batista 'n staatsgreep uit om beheer van Kuba oor te neem. 1959 – Die Tibetaanse opstand in Lhasa. 1960 – Die Milnertonvuurtoring word in gebruik geneem. 2000 – Die NASDAQ effektebeursindeks bereik 'n hoogtepunt van 5048,62, die hoogste vlak van die dot-comvoorspoedgolf. 2023 – Die Silicon Valley Bank (SVB) misluk ná 'n banklopie, wat die tweede grootste bankmislukking in die geskiedenis van die VSA tot op daardie stadium was.
Geboortes 1734 – Asada Goryu, Japannese sterrekundige († 1799). 1878 – Karel van de Woestijne, Vlaamse skrywer en digter († 1929). 1892 – Arthur Honegger, Switserse komponis († 1955). 1898 – Attie van Heerden, Suid-Afrikaanse Olimpiese atleet en rugbyspeler († 1965). 1929 – Alice Hirson, Amerikaanse aktrise († 2025). 1931 – Raymond Ackerman, Suid-Afrikaanse kleinhandelmagnaat († 2023). 1933 – Allister Sparks, Suid-Afrikaanse koerantman († 2016). 1936 – Sepp Blatter, agste president van die FIFA-wêreldsokkerbond. 1940 – Chuck Norris, Amerikaanse akteur († 2026). 1945 – H.O. de Villiers, Springbokheelagter in 1967 († 2022). 1946 – Peter Temple, Australies-Suid-Afrikaanse joernalis en skrywer († 2018). 1951 – Max du Preez, Suid-Afrikaanse koerantman en politieke ontleder. 1952 – Morgan Tsvangirai, Zimbabwiese politikus († 2018). 1957 – Osama bin Laden, Arabiese terroris en stigter van Al-Kaïda († 2011). 1958 – Sharon Stone, Amerikaanse aktrise. 1964 – Prins Edward, Britse koninklike, jongste seun van koningin Elizabeth en prins Philip. 1973 – Nick Bostrom, Sweeds/Britse filosoof. 1974 – Gayton McKenzie, Suid-Afrikaanse politikus en president van die Patriotic Alliance. 1984 – Olivia Wilde, Amerikaanse aktrise. 1984 – Ruan Pienaar, Suid-Afrikaanse rugbyspeler en Springbokskrumskakel. 1994 – Bad Bunny, Puerto Ricaanse kletsrymer, sanger, platevervaardiger en professionele stoeier
Sterftes 483 – Pous Simplicius, 47ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk (* onbekend). 1807 – Jean Thurel, Franse soldaat (*1698). 1887 – Jan Bantjes, 'n Voortrekker (* 1817). 1937 – Jewgeni Zamjatin, Russiese skrywer. (* 1884). 1946 – Karl Haushofer, akademikus, populariseer geopolitiek in Duitsland (* 1869). 1974 – Quinto Maganini, Amerikaanse komponis en musiekpedagoog (* 1897). 1988 – William Wordsworth, Britse komponis en familie van die bekende Engelse digter William Wordsworth (* 1908). 1998 – Lloyd Bridges, Amerikaanse akteur (* 1913). 2023 – Stephanie Kemp, Suid-Afrikaanse anti-apartheidsaktivis (* 1941).
Vakansies, vierings, en waarnemingsdae
Feesdag van Pous Simplicius in die Rooms-Katolieke Kerk.
Kategorie:Maart