29 April is die 119de dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (120ste in skrikkeljare). Daar volg nog 246 dae in hierdie jaar.
Gebeure 419 – Teenpous Eulalius se pontifikaat eindig met sy vlugtog uit Rome. 1050 – Pous Leo IX hou 'n Paas-sinode oor die leer van Berengar van Tours. 1429 – Honderdjarige Oorlog: Johanna van Arkel bevry Orleans van Engelse besetting. 1432 – Die konsilie van Basel roep Pous Eugenius IV op om voor hulle te verskyn. 1552 – Pous Julius III sluit vrede met koning Hendrik II van Frankryk. 1625 – Pous Urbanus VIII publiseer sy bul Omnes gentes plaudite minibus oor die jubileumjaar 1625. 1658 – Pous Alexander VII stel drie nuwe kardinale aan, almal lede van die Apostoliese Kamer. 1661 – China se Qing-dinastie beset Taiwan. 1670 – Pous Clemens X volg Pous Clemens IX op as pous van die Rooms-Katolieke Kerk. 1672 – Louis XIV van Frankryk val Nederland binne. 1770 – James Cook ontdek Botany Bay, Australië. 1921 – Achille Ratti (later Pous Pius XI) word titulêr aartsbiskop van Adana. 1945 – Tweede Wêreldoorlog: die Duitse weermag in Italië gee oor aan die Geallieerdes. 1945 – Tweede Wêreldoorlog: Adolf Hitler trou met Eva Braun in 'n Berlynse bomskuiling en hy wys admiraal Karl Dönitz aan as sy opvolger. 1945 – Tweede Wêreldoorlog: die Dachau-konsentrasiekamp bevry deur Amerikaanse troepe. 1946 – Voormalige Eerste Minister van Japan Hideki Tojo en 28 voormalige Japannese leiers aangekla van oorlogsmisdade. 1967 – Na hy weier om militêre diens te verrig in die Amerikaanse Leër (agv geloofsredes), word Muhammad Ali se bokstitel van hom weggeneem. 1970 – Viëtnamoorlog: Verenigde State en Suid-Viëtnamese magte val Kambodja binne om te jag op die Viëtkong. 1975 – Viëtnamoorlog: Operasie Frequent Wind - die laaste Amerikaanse burgers word ontruim uit Saigon voor 'n verwagte Noord-Vietnamese oorname. Die VSA se deelname aan die oorlog kom tot 'n einde. 1975 - Die konsulaat van Israel in Johannesburg word beset. 1988 – Glasnost: Sowjet-Unie-leier Mikhail Gorbachev beloof meer geloofsvryheid. 2002 – Die Swartland en Weskus Herald word op Porterville gestig. 2011 – Die Britse Prins William trou met die Engelse Kate Middleton.
Geboortes 1818 – Aleksander II van Rusland, tsaar van Rusland († 1881). 1854 – Henri Poincaré, Franse fisikus († 1912). 1863 – William Randolph Hearst, Amerikaanse uitgewer; onderwerp van die film Citizen Kane († 1951). 1879 – Thomas Beecham, Britse dirigent († 1961). 1899 – Duke Ellington, Amerikaanse komponis en pianis van jazzmusiek († 1974). 1893 – Harold Urey, Amerikaanse chemikus, wenner van die Nobelprys vir Chemie († 1981). 1895 – Malcolm Sargent, Britse dirigent († 1967). 1901 – Hirohito, Keiser van Japan († 1989). 1909 – Tom Ewell, Amerikaanse akteur († 1994). 1914 – Reinhard Kolldehoff, Duitse akteur († 1995). 1917 – Celeste Holm, Amerikaanse aktrise († 2012). 1922 – Toots Thielemans, Belgiese jazz-musikant, komponis en kitaarspeler († 2016). 1936 – Zubin Mehta, Indiese musikant. 1938 – Bernard Madoff, Amerikaanse beleggingsadviseur, gevonnisde bedrieër († 2021). 1946 – John Waters, Amerikaanse filmregiseur. 1954 – Jerry Seinfeld, Amerikaanse komediant, akteur, skrywer, regisseur. 1955 – Kate Mulgrew, Amerikaanse aktrise. 1957 – Daniel Day-Lewis, Brits-Ierse akteur. 1958 – Michelle Pfeiffer, Amerikaanse aktrise. 1958 – Eve Plumb, Amerikaanse aktrise. 1964 – Federico Castelluccio, Italiaans-Amerikaanse akteur en skilder. 1970 – Uma Thurman, Amerikaanse aktrise. 1970 – Andre Agassi, Amerikaanse professionele tennisspeler. 1987 – Mark Stanley, Engelse akteur.
Sterftes 998 – Crescentius II, 'van die marmer perd'. Opgehang deur keiser Otto III. 1676 – Michiel de Ruyter, Nederlandse admiraal (* 1607). 1673 – Patriarg Pitirim van Moskou, die agtste Russies-Ortodokse patriarg van Moskou en die hele Rusland (* onbekend). 1894 – Ds. Gerrit Smits, predikant in die Nederduitsch Hervormde Kerk (* 1836). 1947 – Alex Frew, Suid-Afrika se sesde Springbokkaptein (* 1877). 1951 – Ludwig Wittgenstein, Oostenryks-Britse filosoof en akademikus (* 1889). 1956 – Wilhelm Ritter von Leeb, Duitse veldmaarskalk (* 1876). 1969 – Julius Katchen, Amerikaanse pianis (* 1926). 1980 – Alfred Hitchcock, Engels-Amerikaanse regisseur en filmvervaardiger (* 1899). 1992 – Mae Clarke, Amerikaanse aktrise (* 1910). 2008 – Albert Hofmann, Switserse chemikus en akademikus (* 1906). 2014 – Bob Hoskins, Engelse akteur (* 1942). 2018 – Derek Keys, Suid-Afrikaanse politikus (* 1931). 2019 – Justus Tshungu, Suid-Afrikaanse omroeper (* 1925). 2020 – Irrfan Khan, Indiese akteur (* 1967). 2021 – Prinses Mantfombi Dlamini, eggenote van wyle koning Goodwill Zwelithini. (* 1953). 2024 – Dingaan Thobela, Suid-Afrikaanse professionele bokser (* 1966). 2026 – Craig Venter, Amerikaanse molekulêre bioloog en sakeman (* 1946).
Vakansies, vierings, en waarnemingsdae Romeinse Ryk – Tweede dag van die Floralia ter ere van Flora
Kategorie:April