7 Mei is die 127ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (128ste in skrikkeljare). Daar volg nog 238 dae in die jaar.
Gebeure 558 – In Konstantinopel, val die koepel van die Hagia Sophia ineen. Justinianus I van Bisantium gee onmiddellik die opdrag om die koepel te herbou. 1274 – In Frankryk open die Tweede konsilie van Lyons om die verkiesing van die pous te reguleer. 1318 – Die spiritualistiese Franciskaner monikke Jean Barrani, Dieudonné Michaëlis, Guilhem Sancton en Pons Rocha van Narbonne verskyn voor die Inkwisisie en word in Accoulles op die brandstapel tereggestel. 1342 – Pous Clemens VI volg Pous Benedictus XII op. 1473 – Pous Sixtus IV stel agt nuwe kardinale aan waaronder Giovanni Battista Cibo, later Pous Innocentius VIII. 1685 – Pous Innocentius XI hef die asielreg van die Franse ambassade in Rome op. 1763 – Indiaanse oorloë: Chief Pontiac begin die "Sameswering van Pontiac" deur Britse magte aanteval by Fort Detroit. 1832 – Griekeland verkry sy onafhanklikheid. Otto van Wittelsbach, Prins van Beiere word as koning verkies. 1840 – Die Groot Natchez-tornado. Tot op datum (2014) is dit die tweede dodelikste tornado in die geskiedenis van die VSA—317 mense het gesterf. 1847 – Die Amerikaanse Mediese Vereniging (Engels: American Medical Association (AMA)) word in Philadelphia gevorm. 1859 – Reddersburg gestig as eerste gemeente van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika in die Vrystaat. 1861 – Amerikaanse Burgeroorlog: Tennessee breek weg van die Unie. 1864 – Amerikaanse Burgeroorlog: Die Weermag van die Potomac, onder generaal Ulysses S. Grant, breek weg van die Slag van die Wildernis en beweeg suid. 1915 – Eerste Wêreldoorlog: Die RMS Lusitania word gesink deur 'n Duitse duikboot en 1,198 mense sterf. 1920 – Russies-Poolse Oorlog: Poolse troepe beset Kiev. 1937 – Spaanse Burgeroorlog: Die Duitse Condor Legion-gevegsgroep (Condor Legion Fighter Group), bewapen met Heinkel He-51 vliegtuie arriveer in Spanje om Francisco Franco se magte te help. 1942 – Tweede Wêreldoorlog: Die Slag van die Koraalsee begin. 1943 – NG gemeente Zwaanswyk (destyds nog Retreat) stig af van NG gemeente Wynberg. duimnael|280px|Montreal Daily Star: "Germany Quit", 7 Mei 1945 1945 – Tweede Wêreldoorlog: Generaal Alfred Jodl teken voorwaardes vir onvoorwaardelike oorgawe by Reims, Frankryk, en beëindig Duitsland se deelname aan die oorlog. Die dokument is geldig vanaf die volgende dag. 1946 – Tokyo Telecommunications Engineering (later hernoem as Sony) gestig met ongeveer 20 werknemers. 1952 – Die konsep vir die geïntegreerde stroombaan, die basis vir alle moderne rekenaars, vir die eerste keer deur Geoffrey W.A. Dummer gepubliseer. 1954 – Viëtnamoorlog: Die Slag van Dien Bien Phu eindig in 'n Franse nederlaag (die oorlog het begin op 13 Maart). 1992 – Ruimtependeltuig Endeavour se eerste ruimtevaart. 1992 – Drie werknemers van 'n McDonald's restaurant in Sydney, Nova Scotia, Kanada word brutaal vermoor en 'n vierde werknemer permanent vermink na 'n mislukte rooftog. 1998 – Apple Computer se bekendstelling van die iMac. 1998 – Mercedes-Benz koop Chrysler vir VS$40 miljard en vorm DaimlerChrysler in die grootste industriële samesmelting in die geskiedenis. 1999 – Kosovo-oorlog: In Joegoslawië sterf drie werknemers van die Chinese ambassade en 20 word gewond toe 'n NAVO-vliegtuig per ongeluk die Chinese ambassade in Belgrade bombardeer. 1999 – In Guinee-Bissau, word President João Bernardo Vieira ontsetel deur 'n militêre staatsgreep. 2002 – 'n China Southern Airlines MD-82 val in die Geelsee en 112 mense sterf. 2010 – Chili sluit by die OESO aan. 2014 – Die Suid-Afrikaanse algemene verkiesing van 2014 vind plaas. 2021 – Misuzulu Zulu volg sy oorlede vader Goodwill Zwelithini kaBhekuzulu op as Zoeloekoning. 2021 – Die Colonial Pipeline-kuberaanval vind plaas, wat op daardie stadium die grootste kuberaanval op 'n olie-infrastruktuur-teiken in die geskiedenis van die Verenigde State was. 2025 – Indië loods missielaanvalle op Pakistan en in Pakistan-beheerde Kasjmir in weerwraak op ‘n terreur voorval in Indies-beheerde Kasjmir.
Geboortes 1605 – Patriarg Nikon, ’n Russiese geestelike († 1681). 1711 – David Hume, Skotse filosoof, ekonoom, geskiedkundige en essayis († 1776) 1812 – Robert Browning, digter en eggenoot van Elizabeth Barrett Browning († 1889). 1833 – Johannes Brahms, Duitse komponis († 1897). 1837 – Karl Mauch, Duitse ontdekkingsreisiger van Afrika († 1875). 1840 – Pjotr Tsjaikofski, Russiese komponis († 1893). 1861 – Rabindranath Tagore, Bengaalse digter en Nobelpryswenner († 1941) 1882 – Willem Elsschot, Vlaamse skrywer en digter († 1960). 1892 – Archibald MacLeish, digter, wenner van die Pulitzerprys († 1982). 1892 – Josip Broz Tito, president van Joego-Slawië († 1980). 1901 – Gary Cooper, Amerikaanse akteur († 1961). 1909 – Edwin H. Land, uitvinder en stigter van Polaroid. 1910 – Taubie Kushlick, ’n Suid-Afrikaanse verhoogaktrise, -regisseur en -produksieleier († 1991). 1919 – Eva Perón, vrou van die Argentynse president Juan Perón († 1952). 1922 – Darren McGavin, Amerikaanse akteur († 2006). 1923 – Anne Baxter, Amerikaanse aktrise († 1985). 1924 – Marjorie Boulton, Britse skrywer en digter († 2017). 1939 – Ruud Lubbers, politikus en Eerste Minister van Nederland († 2018). 1942 – De Waal Venter, Afrikaanse skrywer († 2022). 1949 – Marilyn Burns, Amerikaanse aktrise († 2014). 1955 – Shaleen Surtie-Richards, Suid-Afrikaanse aktrise († 2021). 1956 – Jan Peter Balkenende, Eerste Minister van Nederland. 1968 – Traci Lords, Amerikaanse fotomodel en aktrise. 1994 – Jean-Luc du Plessis, Suid-Afrikaanse rugbyspeler (losskakel).
Sterftes 399 v.C. – Sokrates, Griekse filosoof (* ±470 v.C.). 973 – Otto I die Grote, Duitse keiser. 1682 – Fjodor III van Rusland, tsaar van Rusland (* 1661) 1800 – Niccolò Piccinni, Italiaanse komponis (* 1728) 1840 – Caspar David Friedrich, Duitse skilder en tekenaar (* 1774). 1849 – Jan Theodoor van Rijswijck, Vlaamse skrywer (* 1811). 1917 – Albert Ball, Engelse bobaasvlieënier (* 1896). 1923 – Abraham Petrus Carolus Duvenage, professor in Wis- en Natuurkunde aan die Potchefstroomse Universiteit vir Christelike Hoër Onderwys (* 1883). 1951 – Warner Baxter, Amerikaanse akteur (* 1889). 1960 – D.B. Bosman, Afrikaanse taalkundige (* 1888). 1998 – Allan McLeod Cormack, Suid-Afrikaansgebore natuurkundige (* 1924). 2000 – Douglas Fairbanks jr., Amerikaanse akteur (* 1909). 2006 – Stella Sigcau, Suid-Afrikaanse politikus van Transkeise herkoms (* 1937). 2011 – Seve Ballesteros, Spaanse gholfspeler (* 1957). 2014 – Colin Pillinger, Britse wetenskaplike (* 1943).
Vakansies, vierings, en waarnemingsdae
Kategorie:Mei