23 Maart is die 82ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (83ste in skrikkeljare). Daar volg nog 283 dae in die res van die jaar.

Gebeure 752 – Pous Stefanus (II) volg Pous Sagarias op. 1117 – Hendrik V word as keiser van die Heilige Romeinse Ryk gekroon deur Maurice Bourdin (later Teenpous Gregorius VIII). 1153 – Verdrag van Konstans: Keiser Frederik I Barbarossa belowe om Pous Eugenius III te help. 1281 – Pous Martinus IV in Orvieto gekroon. 1323 – Pous Johannes XXII spreek die banvloek uit oor koning Lodewyk van Beiere. 1377 – Angelo Correr (later Pous Gregorius XII) word aangestel as diaken van die kerk in Corona. 1492 – Giovanni de' Medici (later Pous Leo X) word toegelaat tot die kollege van kardinale. 1729 – Pous Benedictus XIII stel Camillo Cibo, titulêr patriarg van Konstantinopel aan as kardinaal. 1743 – Pous Benedictus XIV publiseer Quemadmodum preces oor gebede vir die monarg. 1801 – Tsaar Alexander I bestyg die Russiese troon na sy vader wreedaardig vermoor is. 1919 – Benito Mussolini stig die Fasciste beweging in Milaan, Italië. 1978 – Die eerste UNIFIL troepe kom in Libanon aan op 'n vredesending langs die Blou Lyn. 1996 – Lee Teng-hui word verkies as President van die Republiek China in die eerste direkte presidensiële verkiesing op Taiwan. 2003 – Australië klop Indië in die eindstryd met 125 lopies en wen sodoende die agtste Krieketwêreldbeker in Suid-Afrika, Kenia en Zimbabwe. 2020 – Weens Covid-19 in Suid-Afrika kondig President Cyril Ramaphosa 'n staat van inperking vir Suid-Afrika aan wat op 27 Maart 2020 begin.

Geboortes 1749 – Pierre-Simon Laplace, Franse wiskundige, fisikus en sterrekundige († 1827). 1852 – Alfred Milner, goewerneur van die Kaapkolonie en lid van die Britse kabinet († 1925). 1887 – William Nicol, predikant, teoloog, opvoedkundige en goewerneur van die Transvaal († 1967). 1887 – Casparus de Wet, Afrikaanse gereformeerde predikant en hoogleraar in teologie aan die Potchefstroomse Universiteit vir C.H.O. († 1958). 1900 – Erich Fromm, Duits-Amerikaanse sielkundige († 1980). 1915 – Wasili Zaitsef, Sowjetsluipskutter († 1991). 1929 – Roger Bannister, Britse atleet en neuroloog († 2018). 1934 – Martin Pelser, Springbokrugbyspeler († 2018). 1934 – Mark Rydell, Amerikaanse akteur en regisseur († 2026). 1932 – Steve Mokone, Suid-Afrikaanse sokkerspeler († 2015). 1933 – Norman Bailey, Engelse operasanger († 2021). 1941 – Hope Clarke, Amerikaanse aktrise († 2026). 1947 – Ray Phiri, Suid-Afrikaanse sanger († 2017). 1957 – Edna Molewa, ANC-politikus en Minister van Omgewingsake van Suid-Afrika († 2018). 1964 – Dozi, Suid-Afrikaanse ligte sanger. 1976 – Keri Russell, Amerikaanse aktrise. 1990 – Prinses Eugenie van York, Britse koninklike en jongste dogter van die voormalige prins Andrew, en Sarah Ferguson. 1996 – Alexander Albon, Brits-Thaise Formule Een- renjaer. 2000 – Jaden Hendrikse, Suid-Afrikaanse rugbyspeler.

Sterftes 1555 – Pous Julius III, 221ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk van 1550 tot 1555 (* 1487). 1802 – Paul van Rusland, tsaar van Rusland (* 1754). 1842 – Stendhal, Franse skrywer (* 1783). 1953 – Raoul Dufy, 'n Franse waterverfskilder (* 1877). 1981 – Claude Auchinleck, Britse veldmaarskalk (* 1884). 2011 – Elizabeth Taylor, 'n Engels-Amerikaanse aktrise (* 1932). 2013 – Boris Berezovsky, Russiese oligarg en invloedryke (* 1946). 2018 − Philip Kerr, Britse skrywer (* 1956). 2023 – Marion Game, Franse aktrise (* 1938). 2024 – Maurizio Pollini, Italiaanse klassieke pianis (* 1942).

Vakansies, vierings, en waarnemingsdae Nasionale Dag in Pakistan (1956).

Kategorie:Maart