11 Maart is die 70ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (71ste in skrikkeljare). Daar volg nog 295 dae in die res van die jaar.
Gebeure 1286 – Pous Honorius IV verklaar die Apostoliese Broeders tot ketters. 1431 – Kardinaal Lucido de' Conti kroon Pous Eugenius IV in die ou Sint Pieterskerk. 1513 – Giovanni de' Medici word Pous Leo X. 1544 – Giovanni Antonio Facchinetti (later Pous Innocentius IX) word priester gewy. 1743 – Carlo Rezzonico (later Pous Clemens XIII) word biskop van Padua. 1825 – Somerset-Oos gestig. 1845 – Māori magte onder leiding van stamleiers Kawiti en Hone Heke vernietig die Britse nedersetting van Kororareka in Nieu-Seeland wat die Flagstaffoorlog ontketen. 1941 – Die Amerikaanse kongres keur Franklin D. Roosevelt se Leen-en-pagwet goed. 1960 – Die Amerikaanse ruimtetuig Pioneer 5 word lanseer. 1966 – President Sukarno van Indonesië, aan bewind sedert die Tweede Wêreldoorlog, word afgeset deur Suharto en die leër. 1974 – Vyf Suid-Afrikaanse polisielede word doodgeskiet in 'n lokval wes van die Victoria-watervalle in Rhodesië. 1990 – Die Litause Sowjet Sosialistiese Republiek se bestaan eindig toe Litaue die herstel van onafhanklikheid van die Sowjetunie verklaar. 2004 – Die 11 Maart-aanvalle: 'n Reeks bomaanvalle deur terroriste op streekspendeltreine laat 191 dood en meer as 1800 gewond in Madrid, Spanje. 2011 – 'n Verwoestende 9,0-aardbewing skud Japan en veroorsaak 'n tsoenami (vloedgolf) met meer as 15 700 sterftes.
Geboortes 1793 – Jan Frans Willems, Vlaamse skrywer, digter en vader van die Vlaamse Beweging († 1846). 1811 – Urbain Le Verrier, Franse sterrekundige wat die ontdekking van Neptunus voorspel het († 1877). 1818 – Marius Petipa, Russiese en Franse balletdanser, pedagoog en choreograaf († 1910). 1843 – C.P. Hoogenhout, een van die agt stigters van die Genootskap van Regte Afrikaners († 1922). 1890 – Vannevar Bush, Amerikaanse ingenieur en wetenskapbestuurder († 1974). 1919 – Elise Muller, Afrikaanse skrywer († 1985). 1920 – Ben Ferencz, Amerikaanse aanklaer tydens die Neurenberg-verhore († 2023). 1936 – Antonin Scalia, regter van die Hooggeregshof van die Verenigde State († 2016). 1937 – Amie Venter, Suid-Afrikaanse politikus en kabinetsminister († 2012). 1952 – Wannie Carstens, Afrikaanse skrywer en taalkundige. 1952 – Douglas Adams, Engelse skrywer († 2001). 1957 – Qasem Soleimani, Irannese generaalmajoor van die Islamitiese Revolusionêre Wagkorps († 2020). 1959 – Nina Hartley, Amerikaanse porno-aktrise. 1969 – Terrence Howard, Amerikaanse akteur. 1975 – Buvaisar Saitiev, Russiese stoeier van Tsjetsjeense afkoms. 1977 – Carina Diedericks-Hugo, Afrikaanse skrywer van jeugverhale. 1982 – Thora Birch, Amerikaanse aktrise. 1983 – Lucy DeVito, Amerikaanse aktrise. 1989 – Anton Yelchin, Amerikaanse akteur († 2016). 1993 – Jodie Comer, Engelse aktrise. 1994 – Handré Pollard, Suid-Afrikaanse beroepsrugbyspeler en Springboklosskakel.
Sterftes 1870 – Koning Moshoeshoe, stigter van die Basotho-volk (* 1786). 1949 – I.W. Schlesinger, sakemagnaat en baanbreker van die Suid-Afrikaanse vermaakbedryf (* 1871). 1955 – Alexander Fleming, Britse bakterioloog, ontdekker van penisillien (* 1881). 1926 – Siener van Rensburg, toekomsvoorspeller (* 1862) 1967 – Hanns Lothar, Duitse toneelspeler (* 1929). 1971 – Philo Farnsworth, Amerikaanse uitvinder en televisiepionier (* 1906). 1978 – Claude François, Franse sanger (* 1939). 2004 – Gabriel de Jongh, 'n bekende Suid-Afrikaanse landskapskilder (* 1913). 2008 – Phyllis Spira, Suid-Afrikaanse ballerina (* 1943). 2024 – Eric Carmen, Amerikaanse sanger (* 1949). 2024 – Paul Alexander, Amerikaanse verlamde polio-oorlewende, wat die laaste man was wat in 'n ysterlong geleef het (* 1946).
Vakansies, vierings, en waarnemingsdae Rooineusdag in die Verenigde Koninkryk (2005)
Kategorie:Maart