9 Maart is die 68ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (69ste in skrikkeljare). Daar volg nog 297 dae in die res van die jaar.
Gebeure 1051 – Frederik van Lotaringe (Pous Stefanus IX (X)) word kanselier van die Rooms-Katolieke Kerk. 1253 – Pous Innocentius IV verklaar Peter van Verona, martelaar, heilig. 1489 – Pous Innocentius VIII stel 8 nuwe kardinale aan, waarvan twee familie van hom is en een van die familielede is slegs dertien jaar oud. 1489 – Giovanni de' Medici (later Pous Leo X) word kardinaal-diaken van Santa Maria in Domnica. 1513 – Pous Leo X volg Pous Julius II op as pous van die Rooms-Katolieke Kerk. 1530 – Pous Clemens VII stel nog vyf nuwe kardinale aan. 1573 – Alessandro Ottaviano de' Medici (later Pous Leo XI) word biskop van Pistoia. 1668 – Antonio Pignatelli (Later Pous Innocentius XII) word nuntius in Wene. 1816 – Die Slagtersnek rebelle word gehang. 1839 – Die Koekoorlog kom tot 'n einde. 1916 – Generaal Pancho Villa lei 1500 Meksikane in 'n aanval oor die VSA-grens op Columbus, Nieu-Meksiko, wat aanleiding gee tot 'n strafekspedisie deur die VSA-leër. 1932 – Eamon de Valera word President van die uitvoerende raad van die Ierse Vrystaat. 1945 – Tweede Wêreldoorlog: 'n Bomaanval op Tokio veroorsaak 'n vuurstorm waarin 100 000 mense sterf. 1959 – Die wêreld se topverkoper-pop, Barbie, word vir die eerste keer in New York verkoop. 2005 – 'n Aardbewing van 5.3 op die Richterskaal tref Stilfontein se Hartebeestfonteingoudmyn. 2011 – Die ruimtependeltuig Discovery maak sy finale landing na 39 vlugte. 2025 – Indië wen die eindstryd van die negende Kampioenetrofee in Pakistan en die Verenigde Arabiese Emirate met vier paaltjies teen Nieu-Seeland.
Geboortes 1454 – Amerigo Vespucci, Italiaanse ontdekkingsreisiger († 1512). 1838 – Albert Zinn, NG-predikant († 1866). 1890 – Wjatsjeslaf Molotof, Sowjet-politikus en diplomaat († 1986). 1902 – Will Geer, Amerikaanse akteur († 1978). 1910 – Ed. Hoornik, Nederlandse digter, skrywer, dramaturg († 1970). 1921 – Willem Cruywagen, kabinetsminister en administrateur van Transvaal († 2013). 1934 – Joeri Gagarin, 'n Rus en die eerste mens wat om die aarde gewentel het († 1968). 1942 – John Cale, Walliese musikant en multi-instrumentalis. 1943 − Bobby Fischer, Amerikaanse skaakspeler († 2008). 1943 – Piet Welgemoed, voormalige professor in vervoerekonomie, Suid-Afrikaanse sakeman en NP-politikus. 1944 – Attie du Plessis, sakeleier van Suid-Afrika en voormalige uitvoerende direkteur van Sanlam († 2019). 1951 − Helen Zille, Demokratiese Alliansie-politikus. 1954 − Robert Gerard Sands, lid van die Provisionele Ierse Republikeinse Leër (IRA) wat aan 'n hongerstaking gesterf het († 1981). 1960 – Finn Carter, Amerikaanse aktrise. 1962 – Richard Quest, Engelse joernalis en verslaggewer van CNN International in Londen.
Sterftes 1851 – Hans Christian Oersted, Deense fisikus (* 1777). 1888 – Wilhelm I van Duitsland, koning van Pruise en keiser van Duitsland (* 1797). 1948 – Edgar de Wahl, skepper van die kunsmatige taal Interlingue (* 1867). 1966 – George Burns, Amerikaanse akteur (* 1896). 1987 – Bobby Locke, Suid-Afrikaanse gholfspeler (* 1917). 1992 – Menachem Begin, Israelse premier (* 1913). 1994 – Charles Bukowski, Duits-Amerikaanse digter, romanskrywer en kortverhaalskrywer (* 1920). 1995 – Edward Bernays, Amerikaanse teoretikus, beskou as 'n pionier op die gebied van openbare betrekkinge en propaganda. (* 1891). 2013 – Doc Immelman, avontuurverhaalskrywer (* 1928). 2015 – Rico Alaniz, Amerikaanse akteur (* 1919). 2021 – James Levine, Amerikaanse dirigent en pianis (* 1943). 2023 – Robert Blake, Amerikaanse akteur (* 1933).
Vakansies, vierings, en waarnemingsdae Baron Blissdag in Belize
Kategorie:Maart