7 Maart is die 66ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (67ste in skrikkeljare). Daar volg nog 299 dae in die res van die jaar.

Gebeure duimnael|400px|2024 – Swede sluit by NAVO aan 161 – Marcus Aurelius en Lucius Verus volg Antoninus Pius op om medekeisers van die Romeinse Ryk te word. 1667 – Pous Alexander VII stel vier nuwe kardinale aan, waaronder Louis de Vendôme. 1859 – Die dorp Jacobsdal word in die Vrystaat gestig. 1876 – Alexander Graham Bell word 'n patent toegeken vir 'n uitvinding wat hy die "telefoon" noem. 1900 – Tweede Vryheidsoorlog: Die Slag van Poplar Grove vind langs die Modderrivier plaas. 1902 – Tweede Vryheidsoorlog: Boere onder leiding van Koos de la Rey veroorsaak die grootste nederlaag op die Britse Ryk sedert die begin van die oorlog, by die Slag van Tweebosch. 1926 – Die eerste suksesvolle trans-Atlantiese radio-telefoongesprek vind plaas tussen New York en Londen. 1936 – Duitsland herbeset die gedemilitariseerde Rynland en verbreek daarmee die Verdrag van Versailles en die Locarno-verdrae wat na die Eerste Wêreldoorlog onderteken is. 1945 – Tweede Wêreldoorlog: Die Amerikaanse Leër steek die Rynrivier oor by Remagen. 1950 – Die Sowjetunie reik ’n verklaring uit wat ontken dat die Duitse kernfisikus Klaus Fuchs as ’n Sowjetse spioen gedien het. 1965 – Amerikaanse Burgerregtebeweging: Burgerregtebetogers wat van Selma na Montgomery, Alabama, marsjeer word brutaal deur die polisie aangeval op Bloedige Sondag. 2004 – Die Zimbabwiese polisie arresteer Simon Mann, 'n voormalige Special Air Service (SAS) -offisier en 64 voormalige 32-Bataljon-soldate, gewerf in Suid-Afrika by Harare-lughawe. Hulle het beplan om 'n staatgreep in Ekwatoriaal-Guinee uit te voer. 2009 – Die negende Vrouekrieketwêreldbeker begin in Australië. 2016 – Die motorvervaardiger BMW vier sy honderdste verjaarsdag. 2024 – In reaksie op die Russiese inval in Oekraïne sedert 2022 sluit Swede as 32ste lidland by die Noord-Atlantiese Verdragsorganisasie aan.

Geboortes 1693 – Carlo Rezzonico (later Pous Clemens XIII), 248ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk († 1769). 1785 – Alessandro Manzoni, Italiaanse romansier en digter († 1873). 1792 – John Herschel, Britse wiskundige, sterrekundige, apteker en eksperimentele fotograaf/uitvinder († 1871). 1872 – Piet Mondriaan, Nederlandse skilder († 1944). 1875 – Maurice Ravel, Franse komponis († 1937). 1903 – Wynnie Schumann, Suid-Afrikaanse opvoedkundige († 1989). 1917 – W.A. de Klerk, Suid-Afrikaanse skrywer en dramaturg († 1996). 1926 – Johan Degenaar, Suid-Afrikaanse filosoof en teoloog († 2015). 1927 – James Broderick, Amerikaanse akteur († 1982). 1939 – Paul Winfield, Amerikaanse akteur († 2004). 1928 – Kay de Villiers, Suid-Afrikaanse neurochirurg († 2018). 1942 – Tammy Faye Messner, Amerikaanse aktrise († 2007). 1947 – Walter Röhrl, Duitse tydren- en motorrenkampioen. 1950 – Jackie Selebi, Suid-Afrikaanse nasionale polisiekommissaris († 2015). 1956 – Bryan Cranston, Amerikaanse akteur. 1959 – Donna Murphy, Amerikaanse aktrise. 1961 – Sanae Takaichi, Japannese politikus. 1964 – Bret Easton Ellis, Amerikaanse outeur en skrywer. 1970 – Rachel Weisz, Engels-Amerikaanse aktrise en vervaardiger. 1971 – Peter Sarsgaard, Amerikaanse akteur. 1974 – Jenna Fischer, Amerikaanse aktrise. 1980 – Laura Prepon, Amerikaanse aktrise.

Sterftes 161 – Keiser Antoninus Pius (* 86). 1724 – Pous Innocentius XIII, die 244ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk (* 1655). 1786 – Franz Benda, violis en komponis van Boheme (* 1709). 1878 – Alfred Donné, Franse bakterioloog, dokter en bekend vir die ontdekking van trichomonas vaginalis en leukemie; ook die uitvinder van die fotoëlektriese mikroskoop (* 1801). 1973 – PK Albertyn, Suid-Afrika se vyftiende Springbokkaptein (* 1897). 1981 – Kiril Kondrašin, Sowjet- en Russiese dirigent (* 1914). 1983 – Igor Markewitsj, Sowjetse dirigent en komponis (* 1912). 1990 – Koos Strauss, Suid-Afrikaanse politikus (* 1900). 1999 – Stanley Kubrick, Amerikaanse rolprentregisseur, vervaardiger, draaiboekskrywer en kinematograaf (* 1928). 2013 – Dirk Coetzee, medestigter en bevelvoerder van die polisieteeninsurgensie-eenheid te Vlakplaas (* 1945). 2013 – Freda Linde, Suid-Afrikaanse skrywer en vertaler van kinderboeke (* 1915). 2023 – Lisa Janti, Amerikaanse aktrise (* 1933).

Vakansie-, vierings- en waarnemingsdae Onderwysersdag in Albanië

Eksterne skakels

Kategorie:Maart