5 Maart is die 64ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (65ste in skrikkeljare). Daar volg nog 301 dae in die res van die jaar.
Gebeure 254 – Pous Stefanus I volg Pous Lucius I op. 1460 – Pous Pius II stel ses nuwe kardinale aan waaronder sy neef Francesco Todeschini Piccolomini, later Pous Pius III. 1770 – Bostonslagting: Die gooi van sneeuballe na Britse soldate tydens 'n militêre besetting loop uit in geweld in Boston. 1798 – Die burgers van Bern veg heldhaftig teen ´n Franse aanvalsmag van 40000 soldate. Bern kapituleer en betaal Frankryk ´n losprys van 26 miljoen Frank, 400 kanonne en 43000 gewere. 1824 – Brittanje verklaar amptelik oorlog teen Burma en begin daarmee die Eerste Anglo-Burmese Oorlog. 1836 – Samuel Colt patenteer die eerste produksie-model-rewolwer, die .34-kaliber. 1872 – George Westinghouse patenteer die lugrem wat treine toelaat om meer betroubaar tot stilstand te kom. 1918 – Bolshevistiese Rusland skuif sy hoofstad van Moskou na Petrograd. 1946 – Die term Ystergordyn word vir die eerste keer in 'n openbare toespraak deur Winston Churchill gebruik. 1973 – Albino Luciani (later Pous Johannes Paulus I) word kardinaal-priester van San Marco.
Geboortes 1796 – Karel Landman, Voortrekkerleier en tweede-in-bevel tydens die Slag van Bloedrivier († 1875). 1908 – Rex Harrison, Britse verhoog- en rolprentakteur († 1990). 1909 – Siegfried Mynhardt, bekroonde Suid-Afrikaanse toneelakteur († 1996). 1931 – Leon Rousseau, Afrikaanse skrywer en stigterslid van Human & Rousseau († 2016). 1937 – Olusegun Obasanjo, oudpresident van Nigerië. 1946 – Charles Fryer, Suid-Afrikaanse digter en uitgewer († 2014). 1946 – Martin van Creveld, Israeliese militêre historikus en teoretikus. 1948 – Elaine Paige, Engelse sangeres en aktrise. 1953 – Tokyo Sexwale, Suid-Afrikaanse sakeman. 1956 – Anton Goosen, Suid-Afrikaanse musikant. 1968 – Ambrose Dlamini, tiende Eerste Minister van Eswatini († 2020). 1974 – Barbara Schöneberger, Duitse komediant en sangeres. 1982 – Nadia Valvekens, Suid-Afrikaanse sepie- en rolprentaktrise.
Sterftes 254 – Lucius I, biskop van Rome (* onbekend). 1778 – Thomas Arne, Engelse komponis (* 1710). 1827 – Pierre-Simon Laplace, Franse wiskundige, fisikus en sterrekundige (* 1749). 1827 – Alessandro Volta, Italiaanse fisikus, chemikus, en 'n pionier in die veld van elektrisiteit (* 1745). 1923 – Gravin Dora Pejačević, Kroatiese komponis en lid van die Huis van Pejačević (* 1885). 1953 – Josef Stalin, sekretaris van die Kommunistiese Party van die Sowjetunie se sentrale komitee (* 1878). 1953 – Sergei Prokofiëf, Russiese komponis (* 1891). 1971 – Winnie Lightner, Amerikaanse aktrise (* 1899). 1984 – William Powell, Amerikaanse akteur (* 1892). 2013 – Hugo Chávez, president van Venezuela (* 1954). 2023 – Pedro Filho, Brasiliaanse reeksmoordenaar (* 1954). 2023 – Mark Pilgrim, Suid-Afrikaanse mediapersoonlikheid (* 1969). 2025 – Pamela Bach, Amerikaanse aktrise en vervaardiger (* 1963).
Vakansies, vierings, en waarnemingsdae
Kategorie:Maart