3 Maart is die 62ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (63ste in skrikkeljare). Daar volg nog 303 dae in die res van die jaar.

Gebeure 468 − Pous Simplicius volg Pous Hilarius op. 1200 − Pous Innocentius III verklaar keiserin Cunegonde heilig. 1326 − Jacques Fournier (later Pous Benedictus XII) word biskop van Mirepoix in Ariège. 1363 − Pous Urbanus V ekskommunikeer Bernabò Visconti. 1431 − Pous Eugenius IV (Gabriele Condulmer) volg Pous Martinus V op as pous van die Rooms-Katolieke Kerk. 1533 − Pous Clemens VII stel Jean d'Orleans-Longueville, aartsbiskop van Toulouse aan as kardinaal. 1577 − Pous Gregorius XIII stel Albrecht van Oostenryk, seun van keiser Maksimiliaan, aan as kardinaal. 1599 − Pous Clemens VIII stel dertien nuwe kardinale aan waaronder sy familielid Bonifazio Bevilacqua Aldobrandini. 1845 – Florida word die 27ste deelstaat van die Verenigde State. 1878 − Met die Verdrag van San Stefano, wat die Russies-Turkse Oorlog beëindig, word Bulgarye 'n selfregerende prinsdom in die Ottomaanse Ryk. 1918 − Rusland teken die Verdrag van Brest-Litovsk met die Sentrale magte en beëindig sy deelname aan die Eerste Wêreldoorlog wat sonder opset lei tot onafhanklikheid vir Finland, Estland, Letland, Litaue en Pole. 1958 − Nuri as-Said word vir die 14de keer Eerste Minister van Irak. 1959 – Die onbemande Amerikaanse ruimtetuig, Pioneer 4 word lanseer. 1969 – Apollo 9 word gelanseer. 1972 – Pioneer 10 word gelanseer. 1974 – Turkish Airlines, vlug 981, 'n McDonnell Douglas DC-10 stort neer buite Parys, Frankryk. 2009 – Die veroordeelde sakeman Schabir Shaik word op mediese parool vrygelaat, nadat hy slegs twee jaar en vier maande van sy vyftien jaar vonnis uitgedien het.

Geboortes 1455 – Johan II, koning van Portugal († 1495). 1823 – Dirkie Uys, kinderheld en seun van Voortrekkerleier Piet Uys († 1838). 1847 – Alexander Graham Bell, Skotse wetenskaplike en uitvinder († 1922). 1868 – Joel Krige, Speaker van die Unie van Suid-Afrika († 1933). 1906 – Lou Costello, Amerikaanse akteur († 1959). 1911 – Jean Harlow, Amerikaanse aktrise († 1937). 1913 – Harold J. Stone, Amerikaanse akteur († 2005). 1919 – Peter Henry Abrahams, Suid-Afrikaanse romanskrywer, digter, joernalis en politieke kommentator († 2017). 1920 − James Doohan, Kanadese akteur (Montgomery Scott of "Scotty" in die TV-reeks Star Trek) († 2005). 1921 – Diana Barrymore, Amerikaanse aktrise († 1960). 1921 − Jurie Ferreira, Afrikaanse sanger († 2002). 1924 – Tomiichi Murayama, Japannese politikus († 2025). 1947 − Carike Keuzenkamp, Afrikaanse sangeres. 1970 – Julie Bowen, Amerikaanse aktrise. 1974 – David Faustino, Amerikaanse akteur. 1981 – Julius Malema, linkse politikus en leier van die Ekonomiese Vryheidsvegters. 1982 – Jessica Biel, Amerikaanse aktrise. 1990 – Gerda Steyn, Suid-Afrikaanse maratonatleet. 1996 – Andile Phehlukwayo, Suid-Afrikaanse krieketspeler.

Sterftes 1605 – Pous Clemens VIII, pous van die Rooms-Katolieke Kerk (* 1536). 1703 – Robert Hooke, Engelse argitek, chemikus, filosoof, fisikus, sterrekundige en wiskundige (* 1635). 1707 – Aurangzeb, Mogolkeiser (* 1618). 1863 – William John Burchell, Engelse ontdekkingsreisiger, natuurkundige, botanikus, kunstenaar en skrywer (* 1781). 1934 – Norman O'Neill, Britse dirigent en komponis (* 1875). 1966 – William Frawley, Amerikaanse akteur (* 1887). 1983 – Hergé, skepper van die Die avonture van Kuifie-kinderstoriereeks (* 1907). 1987 – Danny Kaye, Amerikaanse akteur (* 1911). 1999 – Lee Philips, Amerikaanse akteur (* 1927). 2014 – William R. Pogue, Amerikaanse ruimtevaarder (* 1930). 2018 – Roger Bannister, Britse atleet en neuroloog (* 1929). 2018 – David Ogden Stiers, Amerikaanse komediant en akteur (* 1942). 2023 – Tom Sizemore, Amerikaanse akteur (* 1961).

Vakansies, vierings, en waarnemingsdae Hinamatsuri in Japan

Kategorie:Maart