Koedrino (Russies: Кудрино) is 'n klein dorpie in Astrachan-oblast, Rusland. Dit behoort tot die Marfino Plaaslike Munisipaliteit wat nog twee groter nedersettings insluit. Soos baie ander nedersettings in Wolodarski-rajon, is dit op 'n eiland in die Wolga-rivierdelta geleë.
Demografie Volgens Sensus 2010 het Koedrino 144 inwoners gehad. Etniese Russe vorm die meerderheid van die dorpie se bevolking.
Etniese groepeSensus 2010Persentasie Russe 130 90,3% Kasakke 14 9,7% Totaal 144 100%
Verwysings
Kategorie:Nedersettings in Astrachan-oblast