Makowo (Russies: Маково) is 'n dorpie in Astrachan-oblast, Rusland. Dit is die setel en die enigste nedersetting van die gelyknamige Makowo Plaaslike Munisipaliteit. Soos baie ander nedersettings in Wolodarski-rajon, is dit op 'n eiland in die Wolga-rivierdelta geleë. Dit lê oorkant die Sacharnistroom van 'n groter dorpie, Zelenga.
Demografie Volgens Sensus 2010 het Makowo 1 090 inwoners gehad. Etniese Russe vorm die meerderheid van die dorpie se bevolking.
Etniese groepeSensus 2010Persentasie Russe 727 66,7% Kasakke 352 32,3% Tartare 6 0,6% Onbekend 5 0,5% Totaal 1 090 100%
Verwysings
Kategorie:Nedersettings in Astrachan-oblast