Sjarnoet (Russies: Шарнут) is 'n dorpie in Sarpa-rajon van Kalmikië, Rusland. Dit is die setel van die gelyknamige Sjarnoet Plaaslike Munisipaliteit wat nog een kleiner nedersetting, Nowi, insluit. Dit lê 56 kilometer suidwes van die rajon se setel, Sadowoje.

Die dorpie se naam kom van die etnoniem van 'n Kalmikiese stam.

Demografie Volgens Sensus 2010 het Sjarnoet 1 129 inwoners gehad. Etniese Kalmikiërs vorm die meerderheid van die dorpie se bevolking.

Etniese groepeSensus 2010Persentasie Kalmikiërs 763 67,6% Russe 336 29,8% Maris 8 0,7% Ander groepe 22 1,9% Totaal 1 129 100%

Verwysings

Kategorie:Nedersettings in Kalmikië