Idzjil (Russies: Иджил, Kalmikies: Иҗл) is 'n dorpie in Kalmikië, Rusland. Dit is die setel van die gelyknamige Idzjil Plaaslike Munisipaliteit wat nog een kleiner nedersetting, Sewerni, insluit. Dit lê 38 kilometer suidoos van die rajon se setel, Bolsjoi Tsarin.

Die dorpie se naam kom van die Kalmikiese woord vir die Wolgarivier.

Demografie Volgens Sensus 2010 het Idzjil 713 inwoners gehad. Etniese Kalmikiërs vorm die meerderheid van die dorpie se bevolking.

Etniese groepeSensus 2010Persentasie Kalmikiërs 577 80,9% Dargine 45 6,3% Russe 42 5,9% Kasakke 8 1,1% Ander groepe 35 4,9% Onbekend 6 0,8% Totaal 713 100%

Verwysings

Kategorie:Nedersettings in Kalmikië