Wesioloje (Russies: Весёлое) is 'n dorpie in Gorodowikofsk-rajon van Kalmikië, Rusland. Dit behoort tot die Droezjnoje Plaaslike Munisipaliteit wat nog een kleiner nedersetting, Droezjnoje, insluit. Dit lê op die regteroewer van die Chagin-Salarivier 20 kilometer noordoos van die rajon se setel, Gorodowikofsk.
Die dorpie se naam kom van die Russiese woord vir "verheug" of "gelukkig".
Demografie Volgens Sensus 2010 het Wesioloje 748 inwoners gehad. Etniese Russe en Kalmikiërs vorm die meerderheid van die dorpie se bevolking.
Etniese groepeSensus 2010Persentasie Russe 343 45,9% Kalmikiërs 293 39,2% Duitsers 41 5,5% Oekraïners 24 3,2% Ander groepe 47 6,3% Totaal 748 100%
Verwysings
Kategorie:Nedersettings in Kalmikië