Amoer-Sanan (Russies: Амур-Санан) is 'n dorpie in Gorodowikofsk-rajon van Kalmikië, Rusland. Dit behoort tot die Joezjni Plaaslike Munisipaliteit wat nog vier nedersettings insluit. Dit lê 13 kilometer suidoos van die rajon se setel, Gorodowikofsk.
Die dorpie het oorspronklik die naam Bjoedermis-Kebjoeti gehad. In 1968 is dit ter ere van die Kalmikiese skrywer Anton Amoer-Sanan hernoem.
Demografie Volgens Sensus 2010 het Amoer-Sanan 224 inwoners gehad. Etniese Kalmikiërs vorm die meerderheid van die dorpie se bevolking.
Etniese groepeSensus 2010Persentasie Kalmikiërs 198 88,4% Russe 23 10,3% Duitsers 3 1,3% Totaal 224 100%
Verwysings
Kategorie:Nedersettings in Kalmikië