Tsoros (Russies: Цорос, Kalmikies: Цорс) is 'n klein dorpie in Gorodowikofsk-rajon van Kalmikië, Rusland. Dit behoort tot die Joezjni Plaaslike Munisipaliteit wat nog vier nedersettings insluit. Dit lê 10 kilometer noordoos van die rajon se setel, Gorodowikofsk.

Die dorpie se naam kom van die etnoniem van 'n Kalmikiese stam.

Demografie Volgens Sensus 2010 het Tsoros 121 inwoners gehad. Etniese Kalmikiërs vorm die meerderheid van die dorpie se bevolking.

Etniese groepeSensus 2010Persentasie Kalmikiërs 77 63,6% Russe 34 28,1% Duitsers 4 3,3% Onbekend 6 5% Totaal 121 100%

Verwysings

Kategorie:Nedersettings in Kalmikië