Baga-Boeroel (Russies: Бага-Бурул, Kalmikies: Баһ Буурл) is 'n klein dorpie in Gorodowikofsk-rajon van Kalmikië, Rusland. Dit behoort tot die Lazarefski Plaaslike Munisipaliteit wat nog vyf nedersettings insluit. Dit lê op die linkeroewer van die Bolsjoi Gokrivier 17 kilometer suidwes van die rajon se setel, Gorodowikofsk.

Die dorpie se naam kom van die etnoniem van 'n Kalmikiese stam.

Demografie Volgens Sensus 2010 het Baga-Boeroel 104 inwoners gehad. Etniese Kalmikiërs en Russe vorm die meerderheid van die dorpie se bevolking.

Etniese groepeSensus 2010Persentasie Kalmikiërs 52 50% Russe 31 29,8% Roma 16 15,4% Oekraïners 5 4,8% Totaal 104 100%

Verwysings

Kategorie:Nedersettings in Kalmikië