Droezjnoje (Russies: Дружное) is 'n klein dorpie in Kalmikië, Rusland. Dit behoort tot die gelyknamige Droezjnoje Plaaslike Munisipaliteit wat nog een groter nedersetting, Wesioloje, insluit. Dit lê 25 kilometer noordoos van die rajon se setel, Gorodowikofsk.
Die dorpie is deur Duitse setlaars gestig en het oorspronklik die naam Freudental gekry. Sy huidige naam kom van die Russiese woord vir "vriendelik".
Demografie Volgens Sensus 2010 het Droezjnoje 105 inwoners gehad. Etniese Russe vorm die meerderheid van die dorpie se bevolking.
Etniese groepeSensus 2010Persentasie Russe 78 74,3% Duitsers 9 8,6% Ander groepe 18 17,1% Totaal 105 100%
Verwysings
Kategorie:Nedersettings in Kalmikië