Bolsjoi Tsarin (Russies: Большой Царын, Kalmikies: Ик Царң) is 'n dorp in Kalmikië, Rusland. Dit is die setel van Oktjabr-rajon en die enigste nedersetting van die gelyknamige Bolsjoi Tsarin Plaaslike Munisipaliteit. Dit lê 193 kilometer noordoos van die republiek se hoofstad, Elista.

Die letterlike betekenis van die dorp se Kalmikiese naam is "groot liman" of "groot grasveld".

Demografie Volgens Sensus 2010 het Bolsjoi Tsarin 5 466 inwoners gehad. Etniese Kalmikiërs vorm die meerderheid van die dorp se bevolking.

Etniese groepeSensus 2010Persentasie Kalmikiërs 2 923 53,5% Russe 1 448 26,5% Koreane 480 8,8% Tsjetsjniërs 82 1,5% Oekraïners 69 1,3% Kasakke 53 1% Agoele 42 0,8% Tartare 41 0,8% Lesgiërs 36 0,7% Dargine 34 0,6% Duitsers 25 0,5% Ander groepe 218 4% Onbekend 15 0,3% Totaal 5 466 100%

Verwysings

Kategorie:Nedersettings in Kalmikië