Tselinni-rajon (Russies: Целинный район, Kalmikies: Целинн район) is 'n administratiewe rajon van Kalmikië, Rusland. Dit lê in die westelike deel van die republiek en grens aan Rostof-oblast, 'n ander federale deelgebied van Rusland.
Demografie Volgens Sensus 2010 het Tselinni-rajon 20 051 inwoners gehad. Etniese Kalmikiërs en Russe vorm die meerderheid van die rajon se bevolking.
Etniese groepSensus 2010 Persentasie Kalmikiërs 11 814 59% Russe 6 413 32% Dargine 659 3,3% Tsjetsjniërs 357 1,8% Oekraïners 118 0,6% Ander groepe 690 3,4% Totaal 20 051 100%
Verwysings
Kategorie:Kalmikië