Iki-Boeroel-rajon (Russies: Ики-Бурульский район, Kalmikies: Ик Буурла район) is 'n administratiewe rajon van Kalmikië, Rusland. Dit lê in die suidelike deel van die republiek en grens aan Stawropol-krai, 'n ander federale deelgebied van Rusland. Die rajon se setel is die gelyknamige dorp Iki-Boeroel.
Demografie Volgens Sensus 2010 het Iki-Boeroel-rajon 11 424 inwoners gehad. Etniese Kalmikiërs vorm die meerderheid van die rajon se bevolking.
Etniese groepSensus 2010 Persentasie Kalmikiërs 7 855 68,8% Dargine 1 727 15,1% Russe 1 075 9,4% Aware 138 1,2% Tsjetsjniërs 92 0,8% Georgiërs 59 0,5% Koemikke 58 0,5% Ander groepe 390 3,4% Onbekend 30 0,3% Totaal 11 424 100%
Verwysings
Kategorie:Kalmikië