Tsjernozemelski-rajon (Russies: Черноземельский район, Kalmikies: Хар Һазра район, Char Gazra rajon) is 'n administratiewe rajon van Kalmikië, Rusland. Dit lê in die oostelike deel van die republiek en grens aan 'n ander federale deelgebied van Rusland, Astrachan-oblast. Die rajon se setel is die dorp Komsomolski.

Die rajon se naam kom van die naam van die Tsjornije Zemliwoestyn waarvan die letterlike betekenis "swart gronde" is.

Demografie Volgens Sensus 2010 het Tsjernozemelski-rajon 13 258 inwoners gehad. Etniese Kalmikiërs vorm die meerderheid van die rajon se bevolking.

Etniese groepSensus 2010 Persentasie Kalmikiërs 7 510 56,7% Russe 1 624 12,3% Dargine 1 603 12,1% Aware 952 7,2% Tsjetsjniërs 653 4,9% Kasakke 385 2,9% Roetoele 120 0,9% Koemikke 98 0,7% Ander groepe 302 2,3% Onbekend 11 0,1% Totaal 13 258 100%

Verwysings

Kategorie:Kalmikië