Arsjan-Zelmen (Russies: Аршань-Зельмень, Kalmikies: Аршан Зелмн) is 'n dorpie in Sarpa-rajon van Kalmikië, Rusland. Dit is die setel van die gelyknamige Arsjan-Zelmen Plaaslike Munisipaliteit wat nog een kleiner nedersetting, Sjin, insluit. Dit lê 21 kilometer suidoos van die rajon se setel, Sadowoje.
Die letterlike betekenis van die dorpie se Kalmikiese naam is "nektardrank".
Demografie Volgens Sensus 2010 het Arsjan-Zelmen 709 inwoners gehad. Etniese Kalmikiërs vorm die meerderheid van die dorpie se bevolking.
Etniese groepeSensus 2010Persentasie Kalmikiërs 698 98,4% Russe 11 1,6% Totaal 709 100%
Verwysings
Kategorie:Nedersettings in Kalmikië