Kanoekowo (Russies: Кануково) is 'n dorpie in Sarpa-rajon van Kalmikië, Rusland. Dit is die setel en die enigste nedersetting van die gelyknamige Kanoekowo Plaaslike Munisipaliteit en lê 40 kilometer suidwes van die rajon se setel, Sadowoje.

Die dorpie het oorspronklik die naam Wersjin-Sal gehad. In die 1930's is dit hernoem ter ere van Charti Kanoekof, 'n Sowjetse politikus en digter van Kalmikiese afkoms.

Demografie Volgens Sensus 2010 het Kanoekowo 985 inwoners gehad. Etniese Russe vorm die meerderheid van die dorpie se bevolking.

Etniese groepeSensus 2010Persentasie Russe 493 50,1% Kalmikiërs 189 19,2% Dargine 166 16,9% Tsjetsjniërs 90 9,1% Ander groepe 37 3,8% Onbekend 10 1% Totaal 985 100%

Verwysings

Kategorie:Nedersettings in Kalmikië