Prijoetnoje-rajon (Russies: Приютненский район, Kalmikies: Приютнин район) is 'n administratiewe rajon van Kalmikië, Rusland. Dit lê in die suidelike deel van die republiek en grens aan twee ander federale deelgebiede van Rusland, Rostof-oblast en Stawropol-krai. Die rajon se setel is die gelyknamige dorp Prijoetnoje.
Demografie Volgens Sensus 2010 het Prijoetnoje-rajon 11 658 inwoners gehad. Etniese Russe en Kalmikiërs vorm die meerderheid van die rajon se bevolking.
Etniese groepSensus 2010 Persentasie Russe 6 487 55,6% Kalmikiërs 3 637 31,2% Dargine 693 5,9% Tsjetsjniërs 232 2% Oekraïners 54 0,5% Armene 49 0,4% Kasakke 19 0,2% Tartare 12 0,1% Ander groepe 390 3,4% Onbekend 475 4,1% Totaal 11 658 100%
Verwysings
Kategorie:Kalmikië