Choelchoeta (Russies: Хулхута, Kalmikies: Хулхта) is 'n dorpie in Jasjkoel-rajon van Kalmikië, Rusland. Dit is die setel van die gelyknamige Choelchoeta Plaaslike Munisipaliteit wat nog twee kleiner nedersettings, Rasswet en Stepnoi, insluit. Dit lê naby die grens met Astrachan-oblast 162 kilometer oos van die republiek se hoofstad, Elista.

Die dorpie se naam kom van die Kalmikiese woord vir "oorwas".

Demografie Volgens Sensus 2010 het Choelchoeta 495 inwoners gehad. Etniese Kalmikiërs en Kasakke vorm die meerderheid van die dorpie se bevolking.

Etniese groepeSensus 2010Persentasie Kalmikiërs 200 40,4% Kasakke 96 19,4% Dargine 47 9,5% Tsjetsjniërs 46 9,3% Aware 36 7,3% Ingoesjetiërs 30 6,1% Russe 23 4,6% Roetoele 13 2,6% Koemikke 4 0,8% Totaal 495 100%

Verwysings

Kategorie:Nedersettings in Kalmikië