Mezjoziorni (Russies: Межозёрный) is 'n klein dorpie in Narimanof-rajon van Astrachan-oblast, Rusland. Dit behoort tot die Starokoetsjerganofka Plaaslike Munisipaliteit en lê 13 kilometer suidwes van Astrachan se middestad.

Die dorpie se naam kom van die Russiese woorde vir "tussen die mere geleë".

Demografie Volgens Sensus 2010 het Mezjoziorni 15 inwoners gehad. Die Kasakke en etniese groepe van die Kaukasus vorm die meerderheid van die dorpie se bevolking.

Etniese groepeSensus 2010Persentasie Kasakke 6 40% Lezgiërs 5 33,3% Tsjetsjniërs 4 26,7% Totaal 15 100%

Verwysings

Kategorie:Nedersettings in Astrachan-oblast