Sjeerng (Russies: Шеернг, Kalmikies: Шеерң) is 'n klein dorpie in Iki-Boeroel-rajon van Kalmikië, Rusland. Dit behoort tot die Orgakin Plaaslike Munisipaliteit. Dit lê naby die Sjarin-Salarivier 33 kilometer suidoos van die republiek se hoofstad, Elista.

Die dorpie se naam is van Kalmikiese oorsprong en verwys na 'n plant wat tot die genus Atraphaxis behoort.

Demografie Volgens Sensus 2010 het Sjeerng 109 inwoners gehad. Etniese Kalmikiërs vorm die meerderheid van die dorpie se bevolking.

Etniese groepeSensus 2010Persentasie Kalmikiërs 76 69,7% Dargine 27 24,8% Russe 3 2,8% Onbekend 3 2,8% Totaal 109 100%

Verwysings

Kategorie:Nedersettings in Kalmikië