Char-Zoecha (Russies: Хар-Зуха, Kalmikies: Хар Зуух) is 'n klein dorpie in Iki-Boeroel-rajon van Kalmikië, Rusland. Dit behoort tot die Swetli Plaaslike Munisipaliteit en lê 96 kilometer suidoos van die republiek se hoofstad, Elista.
Die dorpie se naam is van Kalmikiese oorsprong en beteken "swart rivierbedding".
Demografie Volgens Sensus 2010 het Char-Zoecha 80 inwoners gehad. Etniese Dargine vorm die meerderheid van die dorpie se bevolking.
Etniese groepeSensus 2010Persentasie Dargine 52 65% Aware 22 27,5% Kalmikiërs 3 3,8% Russe 3 3,8% Totaal 80 100%
Verwysings
Kategorie:Nedersettings in Kalmikië