Ermeli (Russies: Эрмели, Kalmikies: Эрмл) is 'n klein dorpie in Jasjkoel-rajon van Kalmikië, Rusland. Dit behoort tot die Gasjoen Plaaslike Munisipaliteit en lê 60 kilometer oos van die republiek se hoofstad, Elista.

Die dorpie se naam is van Kalmikiese oorsprong en kom van die woorde эрмл худг (erml choedg) wat "uitgegrawe put" beteken.

Demografie Volgens Sensus 2010 het Ermeli 240 inwoners gehad. Etniese Kalmikiërs vorm die meerderheid van die dorpie se bevolking.

Etniese groepeSensus 2010Persentasie Kalmikiërs 188 78,3% Kasakke 26 10,8% Aware 9 3,8% Russe 7 2,9% Dargine 6 2,5% Koreane 4 1,7% Totaal 240 100%

Verwysings

Kategorie:Nedersettings in Kalmikië