Gasjoen (Russies: Гашун, Kalmikies: Һашун) is 'n dorpie in Jasjkoel-rajon van Kalmikië, Rusland. Dit is die setel van die gelyknamige Gasjoen Plaaslike Munisipaliteit wat nog vier kleiner nedersettings, Chogn, Ermeli, Oelan Zoeëch en Rewdolgan, insluit. Dit lê by die Bolsjoi Kapitanmeer 60 kilometer suidoos van die republiek se hoofstad, Elista.

Die dorpie se naam is van Kalmikiese oorsprong en beteken "bitter".

Demografie Volgens Sensus 2010 het Gasjoen 767 inwoners gehad. Etniese Kalmikiërs vorm die meerderheid van die dorpie se bevolking.

Etniese groepeSensus 2010Persentasie Kalmikiërs 595 77,6% Russe 74 9,6% Kasakke 53 6,9% Tsjetsjniërs 18 2,3% Dargine 17 2,2% Georgiërs 4 0,7% Koreane 4 0,7% Totaal 767 100%

Verwysings

Kategorie:Nedersettings in Kalmikië