Zoenda Tolga (Russies: Зунда Толга, Kalmikies: Зунда Толһа) is 'n dorpie in Iki-Boeroel-rajon van Kalmikië, Rusland. Dit is die setel van die gelyknamige Zoenda Tolga Plaaslike Munisipaliteit wat nog een kleiner nedersetting, Primanitsjeski, insluit. Dit lê naby die Tsjograireservoir 77 kilometer suid van die republiek se hoofstad, Elista.
Die dorpie se naam is van Kalmikiese oorsprong en beteken "Zoenda se grafhoewel".
Demografie Volgens Sensus 2010 het Zoenda Tolga 273 inwoners gehad. Etniese Kalmikiërs vorm die meerderheid van die dorpie se bevolking.
Etniese groepeSensus 2010Persentasie Kalmikiërs 268 98,2% Russe 5 1,8% Totaal 273 100%
Verwysings
Kategorie:Nedersettings in Kalmikië