Alga (Russies: Алга) is 'n klein dorpie in Narimanof-rajon van Astrachan-oblast, Rusland. Dit behoort tot die Astrachanski Plaaslike Munisipaliteit en lê 98 kilometer suidwes van Astrachan se middestad naby die grens met Kalmikië.

Die dorpie se naam kom van die Turkiese woord vir "vorentoe".

Demografie Volgens Sensus 2010 het Alga 45 inwoners gehad. Etniese groepe van Dagestan vorm die meerderheid van die dorpie se bevolking.

Etniese groepeSensus 2010Persentasie Koemikke 12 26,7% Dargine 10 22,2% Kasakke 8 17,8% Tsjetsjniërs 8 17,8% Russe 7 15,6% Totaal 45 100%

Verwysings

Kategorie:Nedersettings in Astrachan-oblast