Jamnoje (Russies: Ямное) is 'n klein Kasakse dorpie in Astrachan-oblast, Rusland wat tot die Kozlowo Plaaslike Munisipaliteit behoort. Soos baie ander nedersettings in Wolodarski-rajon, is dit op 'n eiland in die Wolga-rivierdelta geleë. Die dorpie se naam kom van die Russiese woord vir "gat".

Demografie Volgens Sensus 2010 het Jamnoje 280 inwoners gehad. Etniese Kasakke vorm die meerderheid van die dorpie se bevolking.

Etniese groepeSensus 2010Persentasie Kasakke 271 96,8% Russe 5 1,8% Tartare 4 1,4% Totaal 280 100%

Verwysings

Kategorie:Nedersettings in Astrachan-oblast