Forpost Starowatazjenski (Russies: Форпост Староватаженский) is 'n klein dorpie in Astrachan-oblast, Rusland wat tot die Tisjkowo Plaaslike Munisipaliteit behoort. Soos baie ander nedersettings in Wolodarski-rajon, is dit op 'n eiland in die Wolga-rivierdelta geleë.

Dit lê oorkant die kanaal van Tisjkowo, die munisipaliteit se setel. Daar is geen brug nie, maar daar is 'n veerboot wat die twee nedersettings verbind.

Geskiedenis Forpost Starowatazjenski is in die middel van die 19de eeu gestig. Die dorpie se oorspronklike naam, Starowatazjnoje, kom van die naam van 'n nabylegeë heuwel, waarvan die letterlike betekenis "ou samewerkingsverband" is. Die heuwel het hierdie naam gekry, omdat dit die werkplek van 'n koöperatiewe groep vissers was. Die Russiese woord форпост (forpost), wat in 1965 bygevoeg is, beteken "voorpoos" en is 'n leenwoord uit Duits of Nederlands.

Demografie Volgens Sensus 2010 het Forpost Starowatazjenski 280 inwoners gehad. Etniese Russe vorm die meerderheid van die dorpie se bevolking.

Etniese groepeSensus 2010Persentasie Russe 168 60% Kasakke 109 38,9% Tartare 3 1,1% Totaal 280 100%

Verwysings

Kategorie:Nedersettings in Astrachan-oblast