Charabali-rajon (Russies: Харабалинский район) is 'n administratiewe rajon van Astrachan-oblast, Rusland. Dit lê op die linkeroewer van die Wolgarivier in die oostelike deel van die oblast en grens aan Kazakstan. Die rajon se setel is die gelyknamige stad Charabali.
Demografie Volgens Sensus 2010 het Charabali-rajon 41 176 inwoners gehad. Etniese Russe en Kasakke vorm die meerderheid van die rajon se bevolking.
Etniese groepSensus 2010 Persentasie Russe 20 820 50,56% Kasakke 17 227 41,84% Nogais 343 0,83% Tartare 298 0,72% Armene 270 0,66% Kalmikiërs 244 0,59% Koreane 222 0,54% Oekraïners 211 0,51% Ander groepe 1 347 3,27% Onbekend 194 0,47% Totaal 41 176 100%
Verwysings
Kategorie:Astrachan-oblast