Selitrennoje (Russies: Селитренное) is 'n dorpie in Charabali-rajon van Astrachan-oblast, Rusland. Dit is die setel en die enigeste nedersetting van die Selitrennoje Plaaslike Munisipaliteit. Dit lê op die oewer van die Achtoebarivier. Die dorpie se naam kom van die Russiese woord vir "salpeter".
Die historiese hoofstad van die Goue Horde, Sarai Batoe, was naby Selitrennoje geleë. Vandag is daar 'n museum van die Middeleeuse stad op die dorpie.
Demografie Volgens Sensus 2010 het Selitrennoje 1 984 inwoners gehad. Etniese Kasakke vorm die meerderheid van die dorpie se bevolking.
Etniese groepeSensus 2010Persentasie Kasakke 1 051 53% Russe 860 43,3% Dargine 24 1,2% Tartare 10 0,5% Oekraïners 6 0,3% Maris 5 0,3% Moldawiërs 5 0,3% Armene 4 0,2% Belarusse 3 0,2% Onbekend 16 0,8% Totaal 1 984 100%
Verwysings
Kategorie:Nedersettings in Astrachan-oblast