Semiboegri (Russies: Семибугры) is 'n Kasakse dorpie in Astrachan-oblast, Rusland. Dit is die setel van die Semiboegri Plaaslike Munisipaliteit wat ook twee nabygeleë dorpies, Barani Boegor en Birjoetsjok, bevat. Soos baie ander nedersettings in Kamiziak-rajon, is Semiboegri op 'n eiland in die Wolga-rivierdelta geleë.

Die dorpie se naam kom van die Russiese woorde vir "sewe heuwels".

Demografie Volgens Sensus 2010 het Semiboegri 1 791 inwoners gehad. Etniese Kasakke vorm die meerderheid van die dorpie se bevolking.

Etniese groepeSensus 2010PersentasieKasakke 1 444 80,6%Russe 192 10,7%Tartare 12 0,7%Tsjetsjniërs 9 0,5%Arabiere 6 0,3%Oesbeke 6 0,3%Azerbeidjanners 5 0,3%Kalmikiërs 5 0,3%Moldawiërs 5 0,3%Nogais 5 0,3%Turkmene 5 0,3%Onbekend 97 5,4%Totaal1 791100%

Verwysings

Kategorie:Nedersettings in Astrachan-oblast