Boehmiet (ook: Böhmiet) is 'n mineraal met formule . Die chemiese naam is aluminiumoksiedhidroksied. Diaspoor is 'n allotroop.

Die mineraal is 'n belangrike onderdeel van die aluminiumerts bauxiet, saam met gibbsiet, diaspoor, kaoliniet en oksihidroksiede van yster en titaan.

Struktuur Boehmiet het 'n ortorombiese kristalstruktuur wat aan die ruimtegroep Cmcm behoort. (Soms word die asse anders gekies en word dit as Amam weergegee.) Die struktuur bestaan uit dubbellae van -oktaëders wat rande met mekaar deel. Die lae se oppervlakte bevat die - hidroksielligande Hierdie lae word in die b-rigting net deur waterstofbinding bymekaar gehou. Dit maak die (010)-vlak die oorheersende oppervlakte van boehmietkristalle.

As boehmiet gevorm word hang die kristalgroei baie af van die heersende omstandighede. 'n Lae pH byvoorbeeld sorg eers vir groei in die -rigting, maar later in die waardeur dikker plate kan ontstaan.

Verwysings

Kategorie:Minerale