Jamgoertsjef (Russies: Ямгурчев) is 'n voorstad en historiese buurt van Astrachan, Rusland. Dit is suidoos van Astrachan se middestad by die Koetoemrivier geleë.

Geskiedenis Die buurt se naam Jamgoertsjef is 'n Russiese byvoeglike naamword wat afgelei is van Jamgoertsji, die naam van een van die laaste leiers van die onafhanklike Astrachanse Khanaat. Volgens die geskiedkundige Wasili Tatisjtsjef, is die buurt deur die voormalige khan gestig nadat Astrachan in 1556 deur Rusland verower en gekoloniseer is.

In sy outobiografiese boek "Moenie naby die pad groei nie" het die plaaslike skrywer Joeri Selenski Jamgoertsjef beskryf as 'n relatief ryk woonbuurt met elegante argitektuur, maar vandag word dit as arm en ietwat gevaarlik beskou.

Verwysings

Kategorie:Voorstede van Astrachan