duimnael|regs|Koermangasi-museum
Altinzjar (Russies: Алтынжар) is 'n Kasakse dorpie in Astrachan-oblast, Rusland en die setel van die Altinzjar Plaaslike Munisipaliteit. Soos baie ander nedersettings in Wolodarski-rajon, is dit op 'n eiland in die Wolga-rivierdelta geleë.
Geskiedenis Die dorpie is in die 1930's gestig deur setlaars van die nabygeleë nedersetting, Stari Altinzjar, waarvan die naam van die Kasakse Алтын жар kom en "goue rivieroewer" of "goue krans" beteken. In die 19de eeu het die huidige Altinzjar se grondgebied 'n hoofsaaklik Kalmikiese bevolking gehad en is dit Koerli genoem.
Die beroemde komponis Koermangasi is in 'n mausoleum op Altinzjar begrawe. Daar is 'n museum met uitstallings oor sy lewe en die Kasakse kultuur op die dorpie.
Demografie Volgens Sensus 2010 was daar 998 inwoners op Altinzjar. Etniese Kasakke vorm die meerderheid van die dorpie se bevolking.
Verwysings
Kategorie:Nedersettings in Astrachan-oblast