Sachma (Russies: Сахма) is 'n Kasakse dorpie in Astrachan-oblast, Rusland wat tot die Sizi Boegor Plaaslike Munisipaliteit behoort. Soos baie ander nedersettings in Wolodarski-rajon, is dit op 'n eiland in die Wolga-rivierdelta geleë.
Die beroemde Kasakse komponis Koermangasi het sy laaste jare op Sachma deurgebring, maar is op 'n ander dorpie, Altinzjar, begrawe.
Demografie Volgens Sensus 2010 was daar 375 inwoners op Sachma. Etniese Kasakke vorm die meerderheid van die dorpie se bevolking.
Etniese groepeSensus 2010PersentasieKasakke 343 91,5%Russe 32 8,5%Totaal375100%
Verwysings
Kategorie:Nedersettings in Astrachan-oblast