Aluminium(III)oksied of alumina is 'n chemiese verbinding van aluminium en suurstof. Die formule is .
Die stof kom in die natuur voor as die mineraal korund. Alumina word egter veral verkry uit die erts bauxiet. 'n Belangrike bestanddeel hiervan is die mineraal boehmiet (ook: böhmiet) wat 'n oksied-hidroksied van aluminium is: . Dit kan onder verhitting in alumina omgesit word:
Die oksied kan ook gevorm word deur oksidasie van die metaal deur suurstof in die lug:
Maar dit vorm net 'n dun, geslote laag wat die reaksie tot stilstand bring. Hierdie stagnasie is baie belangrik omdat dit die metaal stabiliseer en bruikbaar maak. Vir allooie van aluminium word 'n anodisasieproses soms vereis om dit te bereik.
Polimorfie Aluminiumoksied kom in verskeie kristalstrukture voor.
is romboëdries met ruimtegroep Rc en (heksagonale) asse a=475,3pm en c=1299,3pm is heksagonaal met ruimtegroep P63/mmc (194) en asse a= 564 en c=2265pm (D5) is kubies met Fdm (227) en 'n a-as= 789.4pm
is egter in der waarheid 'n fase wat alkalimetaalione bevat, soos of . Hierdie ioon kan dalk uitgewissel word deur hidronium. Aanwending Die stof word in die vervaardiging van keramiese materiale aangewend. Dit is 'n grondstof vir die aluminium-vervaardiging. Dit is in sy kristallyne vorm as korund 'n goeie skuurmiddel. Dit word in oonde gebruik vanweë sy hoë smeltpunt. Dit is 'n goeie elektriese isolator. Dit word as vulmiddel in polimere gebruik. γ-Alumina kan nanokristalle vorm met 'n baie hoë spesifieke oppervlakte (tot 1000 m2/g) en word as draermateriaal vir katalisators aangewend.
Verwysings
Kategorie:Anorganiese verbindings Kategorie:Kristalstruktuur met ruimtegroep 194 Kategorie:Kristalstruktuur met ruimtegroep 227 Kategorie:Verbindings van aluminium