Kamardan (Russies: Камардан) is 'n Kasakse dorpie in Astrachan-oblast, Rusland wat tot die Altinzjar Plaaslike Munisipaliteit behoort. Soos baie ander nedersettings in Wolodarski-rajon, is dit op 'n eiland in die Wolga-rivierdelta geleë. Die dorpie se naam kom van die nabygeleë Kamardanrivier.
Demografie Volgens Sensus 2010 was daar 654 inwoners op Kamardan. Etniese Kasakke vorm die meerderheid van die dorpie se bevolking.
Etniese groepeSensus 2010PersentasieKasakke 593 90,7%Russe 36 5,5%Tartare 7 1,1%Belarusse 5 0,8%Koreane 4 0,6%Tadjiks 4 0,6%Onbekend 5 0,8%Totaal654100%
Verwysings
Kategorie:Nedersettings in Astrachan-oblast