Freistadt Eisenstadt 280px Kaart Wapen 180px|senter 75px|senter Vlag 90px|senter Land  Deelstaat 20px Burgenland Distrik Statutêre stad Koördinate Stigting Voor 1118 Oppervlakte: - Totaal 42,88 vk km Hoogte bo seevlak 182 m Bevolking: - Totaal (1 Januarie 2022) 15 240 - Bevolkingsdigtheid 355/vk km Tydsone UTC +1 (MET) Somertyd UTC +2 (MEST) Burgemeester Thomas Steiner (ÖVP) Amptelike webwerf eisenstadt.gv.at

Die Freistadt Eisenstadt (Duits: [ˈaɪzn̩ʃtat], ; Hongaars: Kismarton; Kroaties: Željezno) is die administratiewe hoofstad van die Oostenrykse deelstaat Burgenland (Kroaties: Gradišće; Hongaars: Őrvidék) en ook sy grootste nedersetting. In administratiewe opsig is Eisenstadt 'n statutêre of selfregerende stad.

Geografie Eisenstadt lê op 'n terras aan die suidelike voet van die Leitha-gebergte wat geleidelik na die Wulka-vlakte daal.

Klimaat Die gemiddelde jaarlikse temperatuur was in die tydperk tussen 1961 en 1990 10,4 °C, terwyl die gemiddelde in 2007 11,8 °C was. Die gemiddelde jaarlikse reënval in die periode tussen 1961 en 1990 was 589 millimeter.

Eksterne skakels

Amptelike webwerf

Kategorie:Deelstaathoofstede van Oostenryk Kategorie:Nedersettings in Burgenland