Al-Jumu'ah (Arabies: الجمعة, "Die Vrydagbyeenkoms") is die 62ste soera, of hoofstuk, van die Koran. Dit bevat 11 ajat, of verse, en is vermoedelik in Medina aan Mohammed geopenbaar.
Opsomming Die hoofstuk begin met die verheerliking van God. Die naam dui op die Vrydaggebed in vers 9. Dit is die dag vir byeenkoms, wanneer handelsbedrywighede en ander afleidings gestaak word om God te oordink.
Skakels
Kategorie:Hoofstukke van die Koran