Patricia Dianne Krenwinkel (gebore 3 Desember 1947) is 'n Amerikaanse veroordeelde moordenaar en was 'n hooflid van die Mansonbende, wat deur Charles Manson gelei is. Op 9 Augustus 1969 het sy, Tex Watson en Susan Atkins die swanger aktrise Sharon Tate en vier ander mense in Los Angeles vermoor. Die volgende nag het van Manson se volgelinge na Los Feliz, Los Angeles, gery waar hulle Leno en Rosemary LaBianca ook vermoor het.
Krenwinkel was in die "Familie" onder verskeie byname bekend, soos Big Patty, Yellow, Marnie Reeves en Mary Ann Scott, maar die meeste het haar Katie genoem.
Ná die dood in 2009 van haar medebendelid Susan Atkins is Krenwinkel nou die langs dienende vroulike gevangene in Kalifornië.
Sien ook Charles Manson Tate-LaBianca-moorde
Verwysings
Skakels
Kategorie:Mansonbende