Helter Skelter: The True Story of The Manson Murders is 'n boek van 1974 deur Vincent Bugliosi en Curt Gentry. Bugliosi was die staatsaanklaer in die 1970-verhoor van Charles Manson. Dit is sy eerstehandse weergawe van die verhale van die beskuldigdes Manson, Susan Atkins, Patricia Krenwinkel en ander lede van die bende wat hulleself die Manson-familie genoem het. Dit is die topverkoper onder misdaadboeke in die geskiedenis.

Beskrywing Die boek vertel van die ondersoek, inhegtenisneming en vervolging van Charles Manson en sy volgelinge vir die berugte moorde in 1969 van die aktrise Sharon Tate, Leno en Rosemary LaBianca en verskeie ander.

Die boek se titel kom van die apokaliptiese rasseoorlog wat Manson na bewering geglo het sou plaasvind. Die naam daarvan kom weer van die liedjie "Helter Skelter" deur die Beatles. Manson was glo veral betower deur die Beatles se White Album, waarop die liedjie voorkom.

Verwysings

Skakels

Kategorie:Mansonbende