Leslie Louise van Houten (gebore 23 Augustus 1949) is 'n Amerikaanse veroordeelde moordenaar en voormalige hooflid van die Mansonbende, wat deur Charles Manson gelei is. In haar tyd by die bende was sy onder verskeie byname bekend, soos Louella Alexandria, Leslie Marie Sankston, Linda Sue Owens en Lulu.

Vroeë lewe Van Houten se ouers is geskei toe sy 14 jaar oud was. Sy het daarna onder meer LSD en dagga begin gebruik. Op 17 het sy swanger geraak en haar ma het haar aangesê om 'n aborsie te ondergaan en die fetus in die agterplaas te begrawe.

Ná 'n paar maande in 'n kommune in Noord-Kalifornië het Van Houten vir Catherine Share en Bobby Beausoleil ontmoet en saam met 'n ander vrou in die somer van 1968 by hulle ingetrek. Die vier is uitmekaar ná rusies uit jaloesie. Share het in Charles Manson se kommune gaan woon en Van Houten, toe 19 jaar oud, het Share gevolg. Manson het besluit wanneer hulle sou eet, slaap en seks hê, en met wie hulle sou seks hê. Hy het ook die gebruik van LSD beheer en aan volgelinge groter dosisse gegee as wat hy self geneem het.

Van Augustus 1968 het Manson en sy volgelinge op Spahn Ranch gewoon. Manson het sy Familie op die beginsels van 'n hippieleefstyl bestuur. Hulle was ver van enige ander plek en net sy opinie is gehoor. Van Houten het gesê Manson se houding was dat sy "aan Bobby behoort".The Press on Trial: Crimes and Trials as Media Events edited by Lloyd Chiasso p 161

Moorde

Die Tate-LaBianca-moorde was 'n reeks moorde deur lede van Manson se bende van 8-10 Augustus 1969 in Los Angeles, in opdrag van Tex Watson en Charles Manson. Vyf mense is in die nag van 8 op 9 Augustus vermoor: die swanger aktrise Sharon Tate (wie se fetus dood is weens die aanval) en haar gaste Jay Sebring, Abigail Folger, Wojciech Frykowski en Steven Parent. Die volgende aand het die bende ook die uitvoerende beampte van 'n supermark, Leno LaBianca, en sy vrou, Rosemary, in hulle huis in die Los Feliz-deel van Los Angeles vermoor.

Van Houten is op 29 Maart 1971 saam met die ander moordenaars ter dood veroordeel vir die moorde. Sy was die jongste vrou wat nog in Kalifornië die doodstraf gekry het. Geen selle het vir vroulike terdoodveroordeeldes bestaan nie en 'n spesiale eenheid moes gebou word. In 1972 is die doodstraf in Kalifornië ongrondwetlik verklaar en Van Houten se vonnis is versag tot lewenslange gevangenisstraf. Sy en die ander vroue word sedert 1975 tussen die ander vroulike gevangenes aangehou.

Van Houten is al meer as 20 keer parool geweier. Op 9 November 2021 het 'n paneel vir die vyfde keer voorgestel dat sy op parool vrygelaat word, en dit is vir die vyfde keer deur die goewerneur van Kalifornië tersyde gestel, op 29 Maart 2022.

Sien ook Charles Manson

Verwysings

Skakels

Kategorie:Mansonbende